Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Fietsryer sterf in Johannesburg

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, glo in sy 30’s, is Dinsdagoggend dood toe hy op die R554 in Eikenhof, suid van Johannesburg, van sy fiets afgestamp is.

“Die man het leweloos langs die pad, ʼn paar meter van sy fiets af, gelê,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. Die man het reeds aan sy beserings beswyk voor paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die bestuurder van die ligtemotorvoertuig, wat ook in die ongeluk betrokke was, het geringe beserings opgedoen. “Paramedici het hom behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Plaaslike owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images

Trending Articles


Jan van Tonder (1954–)


LêNet: Seks


Die 5 lekkerste vakansieboeke vir kinders


Die beste tyd van my lewe


Maar een Suid-Afrika


Die oplossing vir yl hare is hier


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


Die kuns van koeksisters bak


Bieg: Wie Alice is