Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s] Duitsland-treinongeluk eis 9

$
0
0
Polisiebeamptes langs die twee treine wat op 9 Februarie 2016 in Duitsland gebots het Foto: Uwe Lein/dpa via AP

Polisiebeamptes langs die twee treine wat op 9 Februarie 2016 in Duitsland gebots het Foto: Uwe Lein/dpa via AP

Minstens nege persone is dood en ongeveer 150 beseer ná ʼn treinongeluk Dinsdagoggend in Beiere, Duitsland.

Twee passasierstreine het omstreeks 07:00 op die enkellyn naby Bad Aibling mekaar getref en verskeie trokke het omgeslaan, het Stefan Sonntag, woordvoerder van die polisie, aan die Associated Press gesê.

Ongeveer 50 persone is ernstig beseer. Dit het ure geneem om van die beseerdes in die wrak te bereik. Die laaste persoon is om 11:00 uit die wrak gehaal.

Die twee treindrywers en albei kondukteurs is oorlede, het Bayerischer Rundfunk-radio berig.

Die spoorlyn word gewoonlik deur pendelaars gebruik wat in München werk. Skoolkinders maak gewoonlik ook van dié treine gebruik, maar hulle is tans met vakansie, het die dpa-nuusagentskap berig.

Die ongeluk het in ʼn afgeleë gebied ongeveer 60 km suidoos van München plaasgevind, in ʼn gebied met ʼn woud aan die een kant en ʼn rivier aan die ander kant. Reddingspanne het van helikopters en klein bote gebruik gemaak om beseerde passasiers na die oorkant van die Mangfall-rivier te karwei waar ambulanse gewag het.

Volgens owerhede is die beseerdes na hospitale dwarsoor Beiere geneem.

Honderde paramedici en nooddiensbeamptes van Duitsland en Oostenryk was op die toneel om die wrak te deursoek en te help om die beseerdes te red.

“Dit is die grootste ongeluk wat ons in jare in dié streek gehad het, en ons het talle dokters, ambulanse en helikopters op die toneel,” het Sonntag bygevoeg.

Die twee treine het albei gedeeltelik ontspoor en was teen mekaar vasgedruk, het die treinoperateur, Bayerische Oberlandbahn, in ʼn verklaring op sy webwerf gesê.

Die skoonmaakoperasie sal glo dae lank duur, en die spoorlyn bly gesluit.

Die polisie het gesê dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. “Ons is nog in die middel van die reddingsoperasies, dis nog te vroeg om nou oor moontlike redes vir die ongeluk te spekuleer,” het Stefan Brandl, federale polisiewoordvoerder, gesê.

Bayerische Oberlandbahn het gesê hy het ʼn noodlyn vir familie en vriende opgestel om inligting oor passasiers te bekom. “Dit is ʼn groot skok. Ons doen alles om die passasiers, hul familielede en ons personeel te help,” het Bernd Rosenbusch, hoof van die maatskappy, aan dpa gesê.
Polisiebeamptes langs die twee treine wat op 9 Februarie 2016 in Duitsland gebots het Foto: Uwe Lein/dpa via AP Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland Foto: Josef Reissner/dpa via AP) Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland Foto: Uwe Lein/dpa via AP Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland Foto: Uwe Lein/dpa via AP Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland (Foto: Uwe Lein/dpa via AP) Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland (Foto: AP Photo/Matthias Schrader) Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland (Foto: AP Photo/Matthias Schrader) Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland (Foto: AP Photo/Matthias Schrader) Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland (Foto: AP Photo/Sebastian Stepniewski) Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland (Foto: AP Photo/Sebastian Stepniewski) Die treinongeluk op 9 Februarie 2016 in Duitsland (Foto: AP Photo/Matthias Schrader)


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!