
Foto: Tamil Nadu-polisie via Britainweekly.com
Nasa ondersoek nog die voorval toe ’n man in Indië Saterdag dood is nadat ’n meteoriet glo op hom geval het.
Nog drie persone is in die voorval in die suide van Indië dood.
Indien die busbestuurder, genaamd Kamaraj, wel deur ’n meteoriet getref is, sal dit die eerste opgetekende geval wees dat iemand dood is ná ’n meteoriet op hulle geval het.
’n Gat van 1,2 meter diep is in die grond geruk. Vensters en motorruite in die omgewing het van die slag gebreek. ’n Stuk meteoriet is in die omgewing van die ontploffing gevind, maar geen teken van plofstof wat op ’n bom kon dui nie.
Bron: Space.com, ARS Technica, BBC, LiveScience