Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nkandla-saak: ‘Zuma het Grondwet oortree’

$
0
0

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het die Grondwet oortree toe hy nie Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se aanbevelings oor sy Nkandla-woning toegepas het nie, het die konstitusionele hof Dinsdag gehoor.

Adv. Wim Trengove, die EFF se regsverteenwoordiger, het gesê Zuma het hierdeur nie sy etiese verpligtinge as president nagekom nie. “Die president het sy etiese plig versuim deur die OB se bevele te verontagsaam in ʼn poging om sy onregmatige wins te beskerm,” het Trengrove aan 11 regters gesê.

“Hy het haar verontagsaam en sy posisie gebruik om homself te verryk en onbehoorlik voordeel te trek, ʼn oortreding van artikel 96 van die Grondwet.” Trengrove het bygevoeg dat Zuma ook sy presidensiële eed om te alle tye die Grondwet te handhaaf, oortree het.

“Almal van ons is onderhewig aan die Grondwet, maar daar is ʼn spesiale en veel groter verpligting by die president om die Grondwet en ander wette in die land te handhaaf, te verdedig en te respekteer.”

Volgens Trengrove was een van die hoofredes hoekom die EFF die hof genader het juis om te bepaal of Madonsela se bevele verpligtend is. “Dit is belangrik, nie net vir hierdie saak nie, maar vir die doeltreffendheid van die OB sodat sy bindende bevele kan maak wat werklikheid sal word.”

Madonsela het in 2014 in haar Nkandla-verslag bevind dat Zuma onregverdig voordeel getrek het uit ʼn projek waartydens ʼn swembad, veekraal, hoenderhok, amfiteater en ontvangsentrum met belastinggeld by sy huis aangebring is. Sy het aanbeveel dat hy ʼn redelike bedrag aan die staat moet terugbetaal, wat deur die Nasionale Tesourie en die polisiediens bepaal kan word, op die items wat nie as veiligheidsmaatreëls beskou kan word nie.

Zuma het verlede week aangebied om die saak buite die hof te skik en ʼn gedeelte van die geld, wat deur die ouditeur-generaal bepaal sal word, terug te betaal, maar die DA en die EFF het die aanbod van die hand gewys.

Die saak duur voort.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!