
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)
Adjunkpres. Cyril Ramaphosa het Sondag gesê die regering is oortuig daarvan dat hy ʼn ooreenkoms sal bereik met die vakbondfederasie Cosatu oor die minimum loon en ander kwessies.
Ramaphosa het honderde ANC-ondersteuners tydens die ANC se 104 jaar vieringe by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo, toegespreek.
In sy toespraak, wat kortgeknip moes word weens klankprobleme as gevolg van die reënweer, het Ramaphosa gesê Cosatu moet steeds “militant bly” en “ʼn ware kampioen vir die werkers”.
“Ons sal steeds saam met Cosatu werk: wanneer ons ook al uitdagings het, of wanneer ons kwessies het oor belasting, sal ons saam werk en oplossings kry,” het hy gesê. “Nou werk ons saam met Cosatu oor die kwessie van ʼn minimum loon. Ons onderhandel en ons is seker ons gaan antwoorde kry.”
Ramaphosa het gesê Cosatu sal die grootste vakbondfederasie in die land bly en beplan om nóg ʼn federasie op die been te bring wat nie die ANC se verhouding met Cosatu sal beïnvloed nie.
Volgens hom het die ANC Cosatu gehelp om sy probleme op te los, en sal steeds die federasie bly ondersteun.
Cosatu gaan gebuk onder interne struwelinge, en sy voormalige algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi, en die vakbond Numsa is uiteindelik uit die federasie geskors, ná dreigemente van ander vakbonde wat ook hul verbintenis met Cosatu wou opskort.