Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

R21 miljard aan salarisse; 17 000 poste vakant

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê die premier van Mpumalanga moet verduidelik hoe die provinsiale regering 99% van sy werknemersbegroting aan salarisse kon bestee, ondanks 17 000 vakante poste.

“Volgens die 2014/15 jaarlikse verslae van al die Mpumalanga-departemente, is meer as R21 miljard aan salarisse spandeer, ondanks die feit dat 19% van die poste vakant is,” het James Masango, DA-leier in Mpumalanga, gesê. “Premier David Mabuza moet ʼn duidelike verklaring gee oor hierdie uitgawe tydens die volgende mondelinge seisoen in die provinsiale wetgewer.”

Dit is in sterk teenstelling met Mabuza se onlangse verklaring dat die provinsiale regering alle departemente op ʼn moratorium geplaas het om die provinsiale salarisrekening te verminder.

“Hierdie oefening is nou net so vrugteloos, aangesien die salarisbegroting sedert 2012 bestendig met 14% toegeneem het.

Mabuza het gesê die moratorium op vakante poste sal tot in die nuwe finansiële jaar voort duur, weens die provinsiale begroting wat met ongeveer R1 miljard gesny is.

“Dit is duidelik dat werksgeleenthede nie vir die werkloses geskep word nie, aangesien die werkloosheidskoers in die provinsie ongeveer op 39% staan, insluitend diegene wat opgegee het om werk te soek,” het Masango bygevoeg. “Dit is nóg ʼn aanduiding van die Mpumalanga-regering se onvermoë om werkloosheid te hanteer. Die provinsie is desperaat op soek na verandering wat gelyke geleenthede na die armstes van die armes sal bring.”

Inwoners van Mpumalanga word oorval met mediaberigte oor regeringsprojekte wat miljoene, soms miljarde, van belastingbetalers se geld gebruik en “meeste daarvan word nooit voltooi nie”. “ʼn Deursigtige regering is die sleutelvereiste vir, onder andere, suksesvolle dienslewering. Die DA fokus daarop om korrupsie in die staatsdiens uit te roei,” het Masango gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images

Trending Articles


Jan van Tonder (1954–)


LêNet: Onbeplande oornag


Die 5 lekkerste vakansieboeke vir kinders


Die beste tyd van my lewe


Maar een Suid-Afrika


Die oplossing vir yl hare is hier


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


Die kuns van koeksisters bak


Bieg: Wie Alice is