Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Rouxville-plaasmoord: Verdagtes versoek regshulp

$
0
0

Thabang Frans Jordaan en Ngalekile David Zamayo in die hof. Foto: Verskaf

Thabang Frans Jordaan en Ngalekile David Zamayo in die hof. Foto: Verskaf

Die twee verdagtes wat tereg staan vir die moord op dr. Bennie Cilliers, wat Donderdag op ʼn plaas naby Rouxville in die Vrystaat doodgeskiet is, sal na verwagting vandeesweek regsverteenwoordiging kry.

Thabang Frans Jordaan (30) en Ngalekile David Zamayo (41) het Dinsdag in die Rouxville-landdroshof verskyn. Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê beide verdagtes het regsverteenwoordiging deur die Regshulpraad versoek.

“ʼn Regsverteenwoordiger sal aangestel word om hulle te verdedig en hulle sal dan eers met die verteenwoordiger konsulteer en besluit of hulle om borgtog wil aansoek doen. Indien wel, sal hulle tydens hul volgende hofverskyning die hof daaroor inlig, waarna ʼn datum vir die borgtogaansoek vasgestel sal word,” het Shuping gesê.

Hierdie kennisgewing is buite dr. Bennie Cilliers se spreekkamer aangebring. Foto: Verskaf

Hierdie kennisgewing is buite dr. Bennie Cilliers se spreekkamer aangebring. Foto: Verskaf

Die verdagtes sal op 9 Februarie weer in die hof verskyn.

Intussen het Amanda Appelgryn, woordvoerder van Mediclinic Bloemfontein, Woensdag gesê Cilliers se vrou, Cecilia, se toestand is onveranderd.

Cecilia is tydens die plaasaanval ernstig aangerand en in die hospitaal opgeneem met veelvuldige beserings, waaronder ʼn skedelfraktuur, ʼn gebreekte linkerarm, ribfrakture en sagteweefselbeserings aan die linkerkant van haar liggaam.

Appelgryn het gesê Cecilia is steeds aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel in die waakeenheid van die hospitaal. “Haar toestand is steeds kritiek, maar stabiel. Sy is nog nie buite gevaar nie,” het sy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!