Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

PE-paartjie in hof oor foto’s van babamishandeling

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar van Port Elizabeth staan tereg op aanklag dat hulle deel is van ʼn sindikaat wat foto’s versprei van babas wat mishandel word.

Die 33-jarige man en 22-jarige vrou van Westering word daarvan beskuldig dat hulle deel is van ʼn internasionale kinderpornografiekring wat beeldmateriaal versprei van babas en pasgeborenes wat mishandel word.

Die 22-jarige vrou het Dinsdag vlugtig in die stad se landdroshof verskyn. Die 33-jarige man was nie Dinsdag in die hof nie en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is verleng tot 5 April.

Aanklagte teen die egpaar hou verband met die invoer, besit en verspreiding van films of publikasies wat uitbeeldings of beskrywings bevat wat kinderpornografie of die seksuele uitbuiting van kinders bevorder.

Staatsadvokaat Jason Thysse het Dinsdag aan die hof gesê ʼn gespesialiseerde internasionale eenheid ondersoek ook die saak. “Die ondersoekbeampte is nie plaaslik gebaseer nie, en ek sal moontlik na Johannesburg moet reis om dokumente, video’s en foto’s te besigtig,” het Thysse verduidelik. “Dit sal hopelik voor 5 April plaasvind.”

Die 33-jarige man het tydens hul eerste hofverskyning verlede jaar in April aan verslaggewers gesê die media ruk die saak uit proporsie, en ken nie die volle verhaal nie. Hy het ges6e mense veroordeel hom.

Heila Niemand, bevelvoerder van die Gautengse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings, het in April verlede jaar spesiaal na Port Elizabeth gereis vir die egpaar se hofverskyning. Sy het gesê nadat die paartjie in hegtenis geneem is, is nog 81 leidrade internasionaal opgevolg. Sy het in daardie stadium gesê daar was reeds ses inhegtenisnemings in België en drie inhegtenisnemings in Amerika. “Dit het direk gespruit uit die inhegtenisnemings in Port Elizabeth,” het Niemand verduidelik. “Dit wys jou net – deur een inhegtenisneming in Suid-Afrika het ons verseker dat verskeie slagoffers nou veilig is en dat verdagtes vervolg sal word.”

Germaine Vogel, ʼn verteenwoordiger van Vroue en Mans teen Kindermishandeling, het aan ANA gesê toegewyde spanne maak seker dat nog inhegtenisnemings sal volg. “ʼn Man in Plettenbergbaai is in 2014 in hegtenis geneem en dit het tot verskeie ander inhegtenisnemings gelei,” het Vogel gesê. “Daar is ook ʼn man in Midrand wat aan die sindikaat gekoppel word. Dit is baie ernstige misdade en ons moet dit stopsit. Ons moet meer bewustheid kweek en kinders moet op die internet gemonitor word. Dit is misdade teen kinders. Dit is kindermishandelingmateriaal – ons moet dit nie kinderpornografie noem nie, want dit verduidelik nie die werklikheid daarvan nie.”

Die saak teen die egpaar is tot 5 April uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!