Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Skoolkind doodgery: Maats kry berading

$
0
0
Een van die motors wat in die botsing betrokke was. Foto: @EMER_G_MED / Twitter

Een van die motors wat in die botsing betrokke was. Foto: @EMER_G_MED / Twitter

Die Gautengse onderwysdepartement het Woensdag die voorval betreur waarin ʼn leerling Dinsdagmiddag dood en 19 leerlinge beseer is in ʼn ongeluk in Johannesburg.

Oupa Bodibe, waarnemende woordvoerder van die departement, het gesê al die leerlinge is van Gresswold Senior School in Highlands North.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat twee motors in die kruising van Louis Botha-rylaan en Corlettweg in Bramley gebots het. Een van die motors is weens die impak na die sypaadjie geslinger, waar dit in die leerlinge ingeploeg het wat langs die pad gewag het vir vervoer huis toe,” het Bodibe gesê.

Minstens vier volwassenes het tussen die groep kinders gestaan toe die ongeluk gebeur het. Buiten die een leerling, wat op die toneel dood verklaar is, is ʼn man ook op die toneel dood.

Die 19 leerlinge en drie volwassenes is deur verskeie nooddienste na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling. Een van die leerlinge is steeds in ʼn kritieke toestand.

Die departement het Woensdag ʼn span beraders na die skool gestuur om leerlinge, onderwysers en familielede by te staan.

Die departement het sy medelye met die oorledene se familie betuig en het die leerlinge wat beseer is, ʼn spoedige herstel toegewens.

Bodibe het gesê die departement gaan saam met die Stad Johannesburg werk om dié gedeelte van die pad te beveilig.

Lees die vorige berigte oor die Bramley-botsing op Maroela Media.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!