
ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD
Die Pretoriase landdroshof het Woensdag borgtog van R10 000 elk aan die tweede en derde beskuldigdes, Albert Ramabele en Wiliiam Mmotong, toegestaan. Hul mede-beskuldigde, Khayalethu Mgatyelwa, het twee weke gelede borgtog van R5 000 gekry.
Matric Luphondo, staatsaanklaer, het gesê die staat staan nie borgtog teen nie omdat dit in die belang van geregtigheid is. Die landdros het gesê daar is geen bewyse die beskuldigdes sal landuit vlug, inmeng met die ondersoek, of die getuies se lewens in gevaar stel nie.
Ramabele het in sy beëdigde verklaring genoem hy besit nie ʼn paspoort nie en hy was nog nooit buite die landgrense nie. Mmotong het ʼn diplomatieke paspoort omdat hy as ’n lyfwag vir baie belangrike persone by die SSA werk. Hy het gesê hy beplan nie om die land te verlaat nie, omdat hy ʼn vrou en kinders het waarna hy moet omsien. Mgatyelwa, en Mmotong werk albei by die SSA.