Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Meisie glo by sportdag ontvoer

$
0
0
Samantha Slabbert. Foto: Verskaf.

Samantha Slabbert. Foto: Verskaf.

Die Klerksdorp-polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van ontvoering nadat ʼn negejarige meisie na bewering Vrydag tydens ʼn plaaslike laerskool se sportdag ontvoer is.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Woensdag aan Maroela Media gesê Samantha Slabbert is glo op dié dag deur ʼn man by Laerskool Unie, waar sy skoolgegaan het, opgelaai. Die man is glo aan haar bekend.

Sy het sportdrag van Laerskool Unie aangehad toe sy die laaste keer gesien is. Samantha het donkerbruin hare, donkergroen oë, weeg 28 kg en is 1,4 m lank.

Michelle Peach, ʼn senior maatskaplike werker van die SAVF Rethabile-kinder-en-jeugsorgsentrum, het Woensdag aan Maroela Media gesê Samantha was verlede jaar deur die kinderhof in hul sorg geplaas hangende die uitkoms van ʼn finale plasingsaanbeveling van dié hof.

Die SAVF het die saak by die polisie aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat sy moontlik ontvoer is. Hoewel inligting oor kinders in sulke gevalle in terme van die Kinderwet nie in die media bekendgemaak mag word nie, het die SAVF ʼn hofbevel by die kinderhof bekom om inligting oor haar te versprei in ʼn poging om haar vinnig en veilig op te spoor.

Samantha Slabbert. Foto: Verskaf.

Samantha Slabbert. Foto: Verskaf.

Peach het gesê daar word vermoed dat sy in die Coligny-, Christiana-, Klerksdorp- of Hartbeesfontein-omgewing kan wees.

Mense wat weet waar Samantha haar mag bevind of wat haar sien, word versoek om ao. Disipi van die Klerksdorp-polisie se gesins-en-kindereenheid te bel by 018 464 5385 of 082 568 6909 of die Pink Ladies by 072 214 7439.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621