ʼn 22-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Woensdagoggend in Johannesburg deur ʼn trein getref is.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 by die Lindela-treinstasie in Katlehong plaasgevind.
“Met paramedici se aankoms op die toneel is die vrou in ʼn kritieke toestand aangetref. Paramedici kon daarin slaag om haar te stabiliseer, waarna sy met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Mathe gesê.
Die oorsaak van die voorval is onderwerpe aan ʼn polisieondersoek.