
Foto: Dunkin’ Donuts, Facebook
Suid-Afrikaners kan hul tande slyp vir meer as 250 Dunkin’ Donuts-restaurante en 70 Baskin-Robbins-winkels wat binne die volgende paar jaar in die land gaan oopmaak.
Dunkin’ Brands het bevestig dat ʼn ooreenkoms met Grand Parade Investments Bpk. aangegaan is om Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins-restaurante in die land te begin ontwikkel.
Die aanvanklike fokus sal op Kaapstad en Johannesburg wees.
Baskin-Robbins-roomysprodukte sal ook binne die volgende paar jaar in kettingwinkels aangebied word.
Dunkin’ Donuts is een van die wêreld se bekendste koffie- en bakkerykettinggroepe met meer as 11 500 restaurante in 40 lande wêreldwyd. Die restaurante sal onder andere sy hoëgehaltereeks koffie, espresso, cappuccino, tee, Coolatta®- gevriesde drankies, toebroodjies en oliebolle aanbied.
Baskin-Robbins is die wêreld se grootste kettinggroep wat roomysspesialiteitswinkels betref, met meer as 7 600 takke in nagenoeg 50 lande wêreldwyd.
Lees meer: Dunkin’ Donuts, Baskin-Robbins
Facebook: Dunkin’ Donuts, Baskin-Robbins