Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA’ners gewaarsku oor voedseltekorte

$
0
0
Foto: Riaan Roux

Foto: Riaan Roux

Die minister van landbou het Vrydag gesê Suid-Afrika het sy oesverwagtinge hersien weens die huidige droogtetoestande wat een van Afrika se grootste ekonomieë raak.

“Voedselsekuriteit sal baie swaar getref word deur die droogte, want ons sal nie die oes oplewer wat ons verwag het nie,” het minister Senzeni Zokwana aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Daar is op sommige plekke glad nie gesaai nie, en ander sal baie swak oeste oplewer.”

Hy het gesê die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) het lenings in die kommersiële bedryf beskikbaar gestel as noodbefondsing vir werkskapitaal, infrastruktuur en ʼn klein gedeelte om skuld oor te dra.

“Die IDC sal oorweeg om finansiële bystand te lewer vir sy bestaande kliënte wat aansoek doen vir droogteverligting,” het hy gesê. Persone wat nie IDC-kliënte is nie, kan aansoek doen deur die Land Bank en AgriBesigheid.

Volgens Zokwana het die IDC reeds lenings ter waarde van R32 miljoen toegestaan.

Hy het bygevoeg Suid-Afrika het ʼn behoefte aan ʼn toename in beleggings in grondrehabilitasieprogramme vir verbeterde produktiwiteit en waterbergingskapasiteit.

“Dit is van kritieke belang dat ons moet belê in voervervaardiging en dat voerbanke in alle gebiede opgerig moet word wat deur die droogte geraak word, om seker te maak dat pryse vir veevoer nie die hoogte in skiet nie,” het hy verduidelik.

Zokwana het gesê weerpatrone is stadig besig om te verander met sporadiese reënval in sommige van die droogtegeteisterde provinsies.

Zokwana en Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling, het met verslaggewers gepraat ná ʼn vergadering met die LUR’e van die betrokke provinsies.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!