Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Rasseherrie oor Paul Kruger-foto

$
0
0

Die foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad geneem is. Foto: Phillip Bruwer

Die foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad geneem is. Foto: Phillip Bruwer

Nog ʼn herrie oor beweerde rassisme het Vrydag op sosiale media losgebars nadat ʼn foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat langs ʼn kartonuitknipsel van Paul Kruger staan, wyd versprei is.

In die foto, wat op 10 Oktober 2015 by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad geneem is, hou Dreyer ʼn plakkaat vas met die woorde, “Lekker verjaar Oom Paul!”.

Keith Khoza, die woordvoerder van die ANC, het op Twitter teen die foto uitgevaar en gesê Dreyer is ʼn “toevoeging tot die DA se rassistiese brigade” wat openlik ʼn “rassistiese geleentheid” gevier het.

Hy het verder gesê Dreyer se “openlike viering van Paul Kruger-dag” bevestig bloot hoe rassisties die party is. “[Mmusi] Maimane, [die leier van die DA], se geskrewe notas het gepraat van die DA se onverdraagsaamheid teenoor rassisme, maar die organisasie tree nie op teen rassiste nie! Wie flous vir wie?” het Khoza geskryf.

Dreyer het by navraag van Maroela Media die ANC se uitsprake as belaglik beskryf en gesê dit is niks anders as ʼn taktiek om die aandag af te lei van die regerende party se mislukkings, insluitend die hoë werkloosheidsyfer in die land nie.

“Die werkloosheid in Suid-Afrika onder alle jeug, maar veral onder die swart jeug, is ʼn brandpunt en iets waaroor die DA hom ten sterkste uitspreek en daarom probeer die ANC die aandag daarvan weglei,” het sy gesê. “Hierdie storie wys eintlik net hoe desperaat hulle is. Hulle skraap nou regtig die bodem om enige manier te kry om negatiewe publisiteit vir hul opponente te skep.”

Dreyer het beklemtoon dat daar niks skandalig is aan die foto nie en dat sy geensins iets het om weg te steek nie. “Ek het Solidariteit se Toekomsberaad bygewoon om na die menings van verskeie rolspelers te luister. Mense het op lighartige wyse foto’s saam met die Paul Kruger-uitknipsel geneem en daar was ʼn prettige atmosfeer. Nou probeer die ANC ʼn skandaal daarvan maak. Ek dink die meeste kiesers sien deur hierdie flou poging.”

Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, het gesê die ANC se negatiewe tipering van Paul Kruger is aanduidend van die party se gebrekkige historiese begrip. “Paul Kruger word deur talle Afrikaners as die grootste Afrikaner van alle tye gesien. Ons vra nie om verskoning daarvoor nie; inteendeel, ons herdenk hom,” het hy gesê.

“Oom Paul het gesê neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop. Daarom was dit gepas om die Toekomsberaad op Oom Paul se verjaarsdag te hou, omdat dit juis is wat ons daar gedoen het. Ons doel was om na maniere te kyk waarop Afrikaners ʼn toekoms in Suid-Afrika kan hê wat vry, veilig en voorspoedig is,” het Hermann verduidelik.

Op ʼn vraag oor Dreyer se betrokkenheid by die beraad, het Hermann gesê sy was maar een van sowat 2 700 afgevaardigdes en lede van die publiek wat die beraad bygewoon het. “Die beraad is deur talle meningsvormers met verskillende standpunte bygewoon. Die feit is dat die ANC Afrikaners beskuldig bloot omdat hulle bestaan. Net die feit dat Afrikaners bymekaar kom, word deur die ANC as rassisties gesien en ons sal dit nie duld nie.”

Khoza kon nie onmiddellik Vrydagmiddag vir kommentaar bereik word nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!