Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die erg gebrande liggaam van ʼn man Donderdag naby King William’s Town gevind is.
Lt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is in ʼn beboste gebied in Berlin gevind naby die plaaslike perderenbaan. “Weens die erge graad van die brandwonde en die feit dat die liggaam reeds ontbind was, kon die identiteit van die oorledene nog nie vasgestel word nie,” het Mzuku gesê.
Die polisie weet ook nie wat die oorsaak van die man se dood was of hoe lank die liggaam al daar gelê het nie.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.