Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Video] Rower skiet verkeersbeampte langs hoofweg

$
0
0

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Kaapstadse verkeersdepartement het Donderdag ʼn video op sosiale media gedeel waarin gewys word hoe ʼn vermeende rower ʼn verkeersbeampte trompop loop en hom skiet terwyl hy besig is om ʼn boete uit te skryf.

Die voorval het reeds in November plaasgevind maar dit is die eerste keer dat beeldmateriaal daarvan bekend gemaak is.

Nizaam Alexander is as die departement se beampte van die jaar aangewys nadat hy ondanks die skietwond voortgegaan het met die uitvoering van sy pligte.

Op die video, wat deur ʼn paneelbordkamera in Alexander se motor geneem is, kan gesien word hoe hy ʼn motoris wat in die noodbaan op die N2 gery het van die pad aftrek en na dié se motor loop. Terwyl hy langs die motor staan, besig om ʼn boete te skryf, kan ʼn voetganger aan die linkerkant gesien word wat die voorval dophou.

Die volgende oomblik verskyn die voetganger weer voor die kamera, hierdie keer met ʼn vuurwapen. Hy sukkel eers om die vuurwapen gelaai te kry, verdwyn buite die kamera se beeld en verskyn dan weer terwyl hy die vuurwapen op Alexander rig en eis dat hy sy vuurwapen oorhandig. Alexander kyk op en dit is dan dat die rower hom in sy rug skiet.

Voordat die rower egter tot sy sinne kan kom, het Alexander sy vuurwapen uit en begin hy terugskiet. Die rower slaan op die vlug en Alexander sit hom agterna terwyl hy op sy handradio hulp ontbied.

Alexander keer kort daarna terug na die motoris en handel sy taak af voordat hy mediese behandeling ontbied.

Die Kaapstadse verkeersdepartement het gesê die video bewys dat verkeersbeamptes dikwels baie gevare moet trotseer om die paaie veilig te hou. “Toon jou ondersteuning vir beamptes soos Nizaam Alexander deur stadiger te ry, nie te drink en dan te bestuur nie, jou veiligheidsgordel te dra en jou selfoon uit te los terwyl jy bestuur.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!