ʼn 40-jarige vrou is Donderdag ernstig beseer toe sy deur ʼn voertuig getref is terwyl sy tydens spitstyd by ʼn verkeerslig in Johannesburg gebedel het.
Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 07:20 in Joe Slovo-rylaan in Berea plaasgevind.
“Die vrou het in die pad by ʼn besige kruising gestaan toe die voertuig haar getref het. Paramedici is na die toneel ontbied en kon haar stabiliseer voordat sy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Mathe gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.