Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vermoorde polisieman se motor gevind

$
0
0

Lagois se motor wat langs die pad gevind is. Foto: Verskaf

Lagois se motor wat langs die pad gevind is. Foto: Verskaf

Lt. kol. Reinier Lagois (42), die polisiebeampte wat Maandag koelbloedig by sy huis in Pretoria doodgeskiet is, se motor is Woensdag naby sy huis gevind.

Hennie Lagois, Reinier se broer, het aan Maroela Media bevestig dat die motor ongeveer 7 km van sy huis verlate langs die pad aangetref is. Ondanks verskeie navrae kon die woordvoerder van die Valke dit teen Donderdagoggend steeds nie bevestig nie. Maroela Media wag op amptelike kommentaar.

Maroela Media het vroeër berig dat Lagois se liggaam Maandagaand by sy huis in die Moot gevind is met 14 koeëldoppies op die toneel. Sy blougrys Toyota Corolla was ook vermis. Hennie het by navraag gesê hy weet nie of sy broer tydens ʼn rooftog of kaping doodgeskiet is nie, maar dat hy nie oor die besonderhede van sy moord wou bespiegel nie.

Lagois is een van twee polisiebeamptes wat Maandag vermoor is. Konst. Mbuyisela James Concoshi (34) se liggaam is die middag op die agtersitplek van sy motor gevind wat verlate op ʼn pad tussen Riebeeckstad en Thabong naby Welkom in die Vrystaat aangetref is. Merke op Concoshi se nek het aangedui dat hy verwurg is.

Beide voorvalle word deur die Valke ondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!