Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Wits, studente bereik ooreenkoms

$
0
0

Betogende studente by Wits. Foto: Wits/Facebook

Betogende studente by Wits. Foto: Wits/Facebook

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en sy studenteraad het ʼn ooreenkoms bereik wat moontlik sal beteken dat die 2016-registrasies by dié instansie hervat kan word.

Die universiteit het gesê ná uitgebreide gesprekke met studenteleiers, veral oor studente se studieskuld, is daar op sekere maatstawwe ooreengekom.

“Alle studente wat die universiteit tussen R1 en R1 000 skuld, sal toegelaat word om vanjaar te registreer. Die uitstaande skuld sal oorgedra word na 2016,” het die instansie Dinsdag in ʼn verklaring gesê. Die universiteit het gesê dié toegewing sal na raming tot voordeel van 3 607 studente wees.

Studente wat kan bewys dat hulle ten volle gefinansier is vir 2016, sal ook toegelaat word om te registreer. Hulle moet ʼn dokument onderteken waarin hulle die geld wat hulle steeds vir 2015 skuld, bevestig, het die instansie gesê.

Die universiteit sowel as die SR sal saamwerk om geld in te samel om die skuld van ten minste 1 284 studente, wat tussen R1 001 en R5000 skuld, af te betaal. Die Gautengse plaaslike regering sal ook versoek word om van die skuld te delg.

“Die SR en die universiteit sal die provinsiale regering nader en versoek dat hulle die skuld van 1 418 studente wat tussen R5 001 en R20 000 skuld betaal. Indien hulle aan hierdie versoek voldoen, sal al hierdie studente vir die 2016 akademiese jaar kan registreer,” het die universiteit gesê.

“Ons vertrou dat die hierdie ooreenkoms die meerderheid studente sal help om te registreer sonder enige probleme. ʼn Hele aantal ander kwessies is ook opgelos en ooreenkomste is bereik. Besonderhede sal later bekendgemaak word.”

Registrasie by Gauteng-universiteite is gestaak nadat ʼn hele aantal betogings die afgelope twee weke op kampusse voorgekom het. Studente eis gratis onderrig en dat hul studieskuld geskrap word. Werkers by instansies in Pretoria het by die betogings aangesluit en permanente indiensneming en ʼn einde aan uitkontraktering van dienste geëis.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!