Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Rassiste nie hier welkom’

$
0
0
Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het Dinsdag gesê rassiste moet nie eens die moeite doen om vir dié party te stem nie.

Hy het ʼn skare by die Apartheidsmuseum in Johannesburg toegespreek en gesê daar is nie plek vir rassiste in die party nie.

“Rassiste is nie welkom in die DA nie. As jy daaraan dink om vir die DA te stem en jy is ʼn rassis, moet asseblief nie vir ons stem nie,” het hy gesê. “Ons het ʼn plig om op te tree teen mense wat betrokke is by rassediskriminasie en -mobilisering. Daar is nie ʼn plek in die DA vir mense wat glo hul velkleur verhef hulle bo ander nie. Geen DA-lid moet tevrede wees totdat ons nie die strukturele ongelykheid in ons samelewing fundamenteel aangespreek het nie. Geen DA-lid moet ooit ʼn blinde oog na rassisme draai nie, maak nie saak hoe subtiel dit mag wees nie.” Sy toespraak is met luide applous verwelkom.

Hy het gesê hy gaan binnekort ʼn rassisme-eed bekend stel wat deur elke lid onderteken moet word as hulle by die party aansluit. Die eed vereis van die ondertekenaar om die waardes van die land se grondwet te handhaaf, diskriminasie te verwerp en ooreen te kom om nie rasseverdeling te laat voortbestaan of die waardigheid van ander te ondermyn nie.

Klik hier om sy volledige toespraak te lees.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!