Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Verdagte op vlug lei polisie na dubbelmoord-toneel

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Die ingang na KwaMbonambi. Foto: GoogleMaps

Die ingang na KwaMbonambi. Foto: GoogleMaps

ʼn Diefstalsaak het die KwaZulu-Natalse polisie Maandag tot ʼn bloedige moordtoneel van die Strauss-egpaar in ʼn rustige kusdorpie gelei.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die polisie het inligting opgevolg nadat verdagtes, wat weens ʼn diefstalsaak wat in Desember gepleeg is, opgespoor is.

“Die polisie het twee verdagtes in die KwaMbonambi-omgewing [noord van Richardsbaai] in ʼn Nissan Almera opgemerk en op hulle toegeslaan,” het Zwane gesê.

Zwane het gesê die bestuurder van die motor het van die toneel af weggehardloop en ontsnap. “Die polisie kon daarin slaag om die 21-jarige passasier aan te keer. Daar was ʼn pistool, beursie en kaarte in sy besit wat nie aan hom behoort nie. Daar was ook vermeende gesteelde goedere in die motor.”

Die polisie het navraag gedoen oor waar die besittings vandaan kom en verdere ondersoek het hulle na ʼn grusame toneel in Glendowersingel in KwaMbonambi gelei.

“ʼn Bejaarde egpaar, David (76) en Ann (73) Strauss, is dood in hul huis aangetref. Hulle het steekwonde aan hul bors gehad en hul huis was geplunder.”

Volgens Zwane is die egpaar glo deur ʼn groep verdagtes oorval, vasgebind, aangerand en vermoor voordat die verdagtes met hul buit gevlug het. “Die verdagte is kort daarna deur die polisie in verband met die diefstalondersoek aangekeer. Dié saak hou verband met ʼn voorval waartydens huishoudelike ware in Desember in Slovo gesteel is.”

Die verdagte staan tereg op twee aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die besit van vermeende gesteelde goedere. Hy moet binnekort in die KwaMbonambi-landdroshof verskyn. “Die vuurwapen wat in sy besit gevind is, behoort aan die slagoffers,” het Zwane bygevoeg.

Die soektog na die verdagte se medepligtiges duur voort. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal alles in hul vermoë doen om die verdagtes aan te keer en te laat vervolg.

Ngobeni het die KwaMbonambi-polisie geloof vir hul op en wakker optrede wat tot die inhegtenisneming gelei het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!