Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Twee polisielede se lyke gevind

$
0
0

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Valke ondersoek twee onverwante sake van moord nadat twee polisiebeamptes se liggame Maandag onderskeidelik in ʼn huis en ʼn motor ontdek is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn beampte van Pretoria, lt.kol. Renier Lourens Logois (51), se liggaam is Maandagaand in sy huis in Rietondale gevind. Altesaam 14 koeëldoppies het op die toneel gelê.

“Sy 1993 Toyota Corolla word ook vermis en daar word vermoed dat die verdagtes dit as ʼn wegkomvoertuig gebruik het,” het Mulaudzi gesê. Logois was die hoof van ondersteuning by die Leote-polisiestasie.

Intussen is konst. Mbuyisela James Concoshi (34) se liggaam op die agtersitplek van sy motor gevind wat verlate op ʼn pad tussen Riebeeckstad en Thabong in Welkom in die Vrystaat aangetref is. Merke op Concoshi se nek het aangedui dat hy verwurg is. Hy het ook wonde aan sy kop gehad.

Volgens Mulaudzi was Concoshi verbonde aan die misdaadvoorkomingseenheid by die Welkom-polisiestasie.

Lt. genl. Mthandazo Ntlemeza, die nasionale hoof van die Valke, het gesê hulle is vasbeslote om die skuldiges vir die twee beamptes se moorde vas te trek. “Ons het al voorheen gesê dat die moord van ʼn polisiebeampte dieselfde is as om oorlog teen die staat te verklaar. Om ʼn polisiebeampte dood te maak bedreig die veiligheid van ons land en ons sal nie koelbloedige misdadigers toelaat om oproer in ons land te veroorsaak nie.”

“Ons is op die spoor van hierdie verdagtes en ons sal hulle kry. Hulle dae van beamptes treiter is getel.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!