
Een van die plakkate wat op sosiale media versprei word
Plakkate met die woorde “Zuma must fall” wat kwansuis skielik wêreldwyd in bekende openbare plekke soos New York en Londen opgesit is, het sosiale media aan die gons.
Die foto’s is egter met programme soos Adobe PhotoShop geredigeer en verskyn nie werklik op die geboue (of bus in Londen of warmlugballon) nie.
Die plakkate is op sosiale media begin versprei nadat ʼn reusagtige plakkaat met dieselfde woorde Vrydag in Kaapstad teen ʼn gebou opgerig en Saterdag deur ANC-ondersteuners afgeskeur is.
“Mens kan nie die plakkate op sosiale media afskeur nie,” het een van die gebruikers verduidelik.
Floyd Shivambu, EFF-LP, het self ook ʼn geredigeerde foto, wat lyk soos ʼn “Zuma must fall”-plakkaat teen Tafelberg, op sy Twitter-rekening gelaai.
Lees alle vorige berigte oor “Zuma must fall” op Maroela Media.









