Image may be NSFW.
Clik here to view.
ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn pasgebore baba Sondag uit ʼn puttoilet naby Louis Trichardt in Limpopo gehaal is.
Clik here to view.

Foto: SAPD
Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die inwoners van die Nthabiseng informele nedersetting het die babadogtertjie in die puttoilet hoor huil en die polisie ontbied. “Die polisie het paramedici na die toneel ontbied, terwyl hulle die babatjie gered het,” het Otto gesê.
“Die baba is na die Botlokwa-hospitaal in Polokwane geneem en sterk tans goed aan.” Die ma (44) is tans ook in die hospitaal onder polisiebewaking. Sy sal in die hof verskyn sodra sy uit die hospitaal ontslaan word.