Pres. Jacob Zuma “betreur” die feit dat hy gesê het Afrika is die grootste kontinent.
Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring gesê Zuma betreur die fout wat hy op 9 Desember tydens ʼn sake-ete in Sandton gemaak het.
“Afrika is in werklikheid die tweede grootste kontinent in terme van bevolkingsgrootte en die grootste kontinent is Asië. Volgens die Verenigde Nasies se wêreldbevolkingvooruitsig vir 2015, woon 60% van die wêreld se bevolking in Asië (4,4 miljard), 16% in Afrika (1,2 miljard), 10% in Europa (737 miljoen), 9% in Latyns Amerika en die Karibiese eilande (634 miljoen) en die oorblywende 5% in Noord-Amerika (358 miljoen) en Oseanië (39 miljoen),” het Majola gesê.
ʼn Video van Zuma wat die uitlating maak, is wyd op sosiale media versprei: