Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Gareth Cliff wil M-Net vir miljoene dagvaar

$
0
0
Gareth Cliff saam met die ander Idols-beoordelaars: Unathi Msengana, Somizi Mhlongo en Randall Abrahams. Foto: IdolsSA

Gareth Cliff saam met die ander Idols-beoordelaars: Unathi Msengana, Somizi Mhlongo en Randall Abrahams. Foto: IdolsSA.

Die voormalige Idols-beoordelaar, Gareth Cliff, beplan om M-Net vir miljoene te dagvaar vir onregmatige afdanking en naamskending, nadat hy glo weens sy uitsprake op sosiale media die trekpas gegee is.

Eric Mabuza, Cliff se prokureur, het Maandag aan Maroela Media bevestig ʼn regsbrief is aan M-Net gestuur, waarin hy onderneem om hulle vir R25 miljoen te dagvaar as hy nie weer as beoordelaar aangestel word nie.

“Cliff se grootste prioriteit is om heraangestel te word. Oudisies vir die nuwe seisoen van Idols skop volgende Vrydag af en as Cliff nie teen dan terug is op sy pos nie, gaan ons poog om die oudisies te keer totdat die kwessie opgelos is,” het Mabuza gesê.

Mabuza het gesê hulle eis R20 miljoen vir “onregmatige afdanking en kontrakbreuk”. “Die program sal nog ten minste vier jaar voortgaan en ons eis R5 miljoen per jaar vir die verlies van direkte en indirekte inkomste. Die ander R5 miljoen is vir naamskending, omdat Cliff deur dié proses as ʼn rassis bestempel is en hy sy naam in ere wil herstel.”

Volgens Mabuza het van die ander beoordelaars ook al omstrede uitlatings gemaak sonder dat daar teen hulle opgetree is. “Hoekom dan net Cliff?” het hy gevra.

M-Net het verlede naweek aangekondig Gareth Cliff gaan nie deel van die beoordelaarspaneel van vanjaar se seisoen wees nie.

Volgens berigte volg dié stap ná Cliff erg op sosiale media deurgeloop het vir uitsprake wat hy oor die Penny Sparrow-debakel gemaak het. Cliff het gesê mense verstaan gladnie vryheid van spraak nie. Hy is uit talle oorde as ʼn rassis uitgekryt en sosialemedia-gebruikers het M-Net versoek om hom van Idols te onttrek. Cliff het reeds om verskoning vir sy uitlatings gevra en rassisme daarin veroordeel.

Mabuza het gesê M-Net moet vandag [Maandag] voor 15:00 reageer. “Ons advokaat is op bystand om dadelik met die nodige stappe te begin as hulle nie behoorlik op ons skrywe reageer nie.”

Nondumiso Mabece, hoof van publisiteit vir M-Net se Mzansi Magic-kanale, het aan Maroela Media bevestig dat hulle die prokureursbrief ontvang het. “Ons is tans in gesprekke met ons prokureurs en sal later kommentaar lewer,” het Mabece gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!