
Argieffoto
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die twee werkers het Sondagaand in Scottsville straatligte herstel toe die noodlottige ongeluk plaasgevind het.
Volgens Botha het die hidroliese hysbak waarin hulle gestaan het, glo onklaar geraak, waarna hulle etlike meters ver grond toe getuimel het. Die twee mans is op die toneel deur paramedici gestabiliseer voor hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is. Albei het egter later aan hul beserings beswyk.
Botha het gesê die twee mans het glo vir die Msunduzi-munisipaliteit gewerk. ʼn Woordvoerder van die munisipaliteit kon dit egter nie onmiddellik bevestig nie.