
Argieffoto
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagmiddag deur ʼn weerligstraal getref is in Meyerton, Gauteng.
“Die voorval het in Johan le Rouxweg plaasgevind,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het in die veld, ʼn paar meter van die pad af, gelê toe ER24 en brand- en reddingsdienste by die toneel opgedaag het.”
Die man was in ʼn kritieke toestand. “Hy is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”