Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s] Burkina Faso: Gyselaars bevry uit Ouagadougou-hotel

$
0
0
Splendid Hotel in Ouagadougou, Burkina Faso Foto: hotels.com

Splendid Hotel in Ouagadougou, Burkina Faso Foto: hotels.com

Owerhede van Burkina Faso en Frankryk het Saterdag kragte saamgespan om ʼn luukse hotel oor te neem nadat al-Kaïda-militante dit Vrydagaand beset en ʼn onbekende aantal gyselaars doodgemaak het.

Minstens 10 liggame is tot dusver gevind, het ʼn minister gesê.

Dié aanval volg nadat 20 persone in November dood is toe dieselfde ekstremiste ʼn luukse hotel in Mali aangeval het.

Dit is nog nie duidelik hoeveel persone steeds in die hotel is nie, aangesien die oggendwekroep vir gebed ʼn nuwe dag aangekondig het.

Dosyne beamptes van die Franse polisie het deurnag van die aangrensende Mali in Burkina Faso aangekom om in die reddingspoging bystand te lewer. Een Amerikaanse soldaat was saam met Franse magte op die toneel, en Amerika poog om Frankryk met verkenning te help, het ʼn senior beampte in die Amerikaanse weermag, wat anoniem wou bly omdat hy nie gemagtig is om die saak openlik te bespreek nie, gesê.

Soldate poog om weer beheer te kry van die hotel Foto: @ajenews, Twitter

Soldate poog om weer beheer te kry van die hotel Foto: @ajenews, Twitter

Die plaaslike al-Kaïda-filiaal, bekend as AQIM, het aanlyn gesê hulle is verantwoordelik vir die aanval, volgens die SITE-intelligensiegroep. Die aanval het in Ouagadougou by die Splendid Hotel plaasgevind. Die hotel het 147 kamers.

Volgens ʼn boodskap wat in Arabies op die militante se “Muslim Africa” Telegram-rekening gepubliseer is, het stryders by die restaurant van een van die grootste hotelle in die hoofstad ingebreek, en “die stryd duur voort met die vyande van die godsdiens”. AQIM het gesê van die militante het telefonies beweer talle stryders is dood, aldus SITE.

Simon Compaore, minister van binnelandse sake, het gesê minstens 10 liggame is reeds in die Cappucino Cafe gevind, ʼn restaurant langs die Splendid Hotel.

“Ons weet die skieters sal nie lewend hier uit kom nie,” het ʼn getuie gesê, wat slegs sy voornaam, Gilbert, gegee het. “Ons land is nie vir djihads of terroriste nie. Hulle het dit verkeerd.”

Polisiebeamptes in siviele klere lei toeriste weg van die toneel nadat hulle gered is (15 Januarie 2016, Ouagadougou, Burkina Faso) Foto: Skermskoot van AP Television via AP

Polisiebeamptes in siviele klere lei toeriste weg van die toneel nadat hulle gered is (15 Januarie 2016, Ouagadougou, Burkina Faso) Foto: Skermskoot van AP Television via AP

Burkina Faso, hoofsaaklik ʼn Moslem-land, het al jare lank die geweld vrygespring wat deur Islamitiese ekstremiste uitgevoer word, waar uitlanders in Mali en Niger ontvoer en gyselaar gehou word. ʼn Roemeniër is egter vir die eerste keer in April in Burkina Faso ontvoer tydens ʼn aanval.

Die land beleef al hoe meer politieke onrus nadat sy jarelange president tydens ʼn oproer in 2014 ontsetel is. Lede van die presidensiële wag het in September ʼn staatsgreep uitgevoer wat ongeveer ʼn week lank geduur het. Die oorgangsregering het weer oorgeneem tot verkiesings in November gehou is.

Altesaam 20 persone is dood tot al-Kaïda in November op die Radisson Blu-hotel in Mali toegeslaan het. Soldate van Mali en spesiale magte van Frankryk en Amerika het die gebou bestorm en angsbevange toeriste en werknemers van die hotel bevry. Die besetting het ongeveer sewe ure lank geduur. ʼn Leier van AQIM het later aanspreeklikheid erken vir dié aanval.

___

Associated Press-skrywers Ludivine Laniepce in Ouagadougou, Burkina Faso; Krista Larson in Dakar, Senegal; en Lolita C. Baldor in Washington, D.C. het tot hierdie verslag bygedra.
Een van die vroue wat gered is, sit in 'n motor wat vroeër raakgeskiet is *(Splendid Hotel, 15 Januarie 2016, in Ouagadougou, Burkina Faso. Foto: Skermskoot van AP Television via AP Gewapende mans nader 'n motor buite die Splendid Hotel op 15 Januarie 2016 in Ouagadougou, Burkina Faso. Foto: Skermskoot van Associated Press Television via AP Die toneel buite die Splendid Hotel op 15 Januarie 2016 in Ouagadougou, Burkina Faso. Foto: Skermskoot van Associated Press Television via AP 'n Gewapende polisiebeampte op die toneel buite die Splendid Hotel op 15 Januarie 2016 in Ouagadougou, Burkina Faso. Foto: Skermskoot van Associated Press Television via AP Polisiebeamptes in siviele klere lei toeriste weg van die toneel nadat hulle gered is (15 Januarie 2016, Ouagadougou, Burkina Faso) Foto: Skermskoot van AP Television via AP Soldate poog om weer beheer te kry van die hotel Foto: @ajenews, Twitter


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!