
Die taxi wat op 15 Januarie 2016 ‘n betonversperring by die Mvoti-tolplaza in KwaZulu-Natal getref het Foto: ER24
“Daar het chaos geheers toe paramedici by die toneel opgedaag het,”het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Een persoon moes deur die brand- en reddingsdiens uit die taxi gehaal word.”
Die taxibestuurder en ander pasiënte het van geringe na kritieke beserings opgedoen. “Hulle is na verskeie hospitale geneem.”
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Owerhede stel ondersoek in.