Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Minister veroordeel universiteitsoproer

$
0
0
Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Geweld en intimidasie by Suid-Afrikaanse universiteitskampusse is onaanvaarbaar het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê en bygevoeg optrede wat onderrig onderbreek en onredelike eise wat gestel word, is teenproduktief.

Radebe het joernaliste toegespreek na Woensdag se kabinetsvergadering waartydens die stand van die ekonomie onder meer bespreek is.

“Die regering is daartoe verbind om gratis tersiêre onderrig te verskaf aan studente wat akademies daarvoor in aanmerking kom. Dit sal egter binne die regering se begroting moet plaasvind,” het Radebe gesê.

Volgens Radebe moet die regering ook R2,3 miljard aan universiteite gee vir die 0%-klasgeldverhoging wat pres. Jacob Zuma vir 2016 aangekondig het.

“Ons gaan ook R2 miljard meer aan die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) beskikbaar stel vir studente wat weens geldtekorte nie hul studies kan voltooi nie,” het Radebe gesê.

Die regering beoog ook om R2,5 miljard aan 71 753 studente beskikbaar te stel in die vorm van lenings om by universiteite te studeer.

Suid-Afrika is hierdie week opnuut geruk deur oproer by universiteitskampussekampusse in Gauteng veral.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!