
‘n Skermskoot van Nkala se beweerde Facebook-inskrywing.
ʼn Woordvoerder van Sasol het aan Maroela Media bevestig die werknemer is Maandag geskors oor ʼn uitlating op Facebook. Die werknemer, Siphosethu Nkala (38), het glo geskryf: “Eers as ons afgeleer het om mekaar dood te maak en leer hoe om hierdie wit rooinekke of enige ander rassistiese varke dood te maak, sal ons gerespekteer word.”
Verskeie Facebook-gebruikers het die inskrywing onder Sasol se aandag gebring, waarna die maatskappy gesê het hy sal onmiddellik probeer vasstel of die man inderdaad ʼn werknemer is. Sasol het kort hierna die skorsing aangekondig.
Die inskrywing is intussen ook van Facebook verwyder. “Ons veroordeel rassisme in enige vorm. Ons sal nooit enige taal wat beledigend is of teen ons waardes indruis, goedkeur nie,” het Sasol gesê.