Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Fransman verwerp klag teen hom

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman, Wes-Kaapse leier van die ANC, het die aanklag van seksuele teistering wat teen hom aanhangig gemaak is, verwerp.

“Fransman ontken die bewerings met die minagting wat dit verdien,” het die Wes-Kaapse ANC in ʼn verklaring gesê. Volgens Fransman moet die polisie hul werk onbelemmerd, sonder inmenging, kan doen en almal moet dit respekteer.

“As gesoute politikus verwag ek dié soort kwaadwillige aanvalle op my integriteit. Dit is ongelukkig een van die laagste vlakke waartoe mense kan daal. Ek wil hê die polisie moet geen steen onaangeraak laat in die ondersoek na die saak nie aangesien ek belangstel om te weet waar die bewerings vandaan kom. Ek sal alle beskikbare roetes verken om my naam in ere te herstel en my integriteit te beskerm.”

Fransman het erken dat hy die klaer ken en dat hy saam met haar en twee ander mense van Kaapstad na Rustenburg, waar die klag aanhangig gemaak is, gereis het. Hy ontken egter dat hy haar enige leed aangedoen het. “Die klaer was die metgesel van een van die passasiers in die voertuig.”

Fransman glo egter daar steek meer in die bewerings. “In dié stadium het hy [Fransman] egter besluit om die polisie toe te laat om hul ondersoek af te handel voor hy verder kommentaar lewer oor die saak,” lui die verklaring.
Fransman het sy dank uitgespreek teenoor diegene wat uitgereik het na hom nadat hulle van die “kwaadwillige bewerings” bewus geraak het.

Die ANC het vroeër Vrydag bevestig dat daar Dinsdag ʼn saak teen Fransman aanhangig gemaak is. Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, wou geen besonderhede oor die saak bekend maak nie en het net bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!