
Pres. Jacob Zuma. Foto: Governmentza/Flickr
Zuma het tydens die ANC se 104de verjaardagvieringe in Rustenburg ʼn beroep op party-amptenare gedoen om plaaslike gemeenskappe te besoek en aandag te gee aan hul menings.
“Die komende plaaslike verkiesing gaan moeiliker wees as vantevore. Ek versoek die takverteenwoordigers en leiers om aandagtig te luister na die mense. Ons dien die mense en ons kan nie hul menings ignoreer nie,” het Zuma onder luide toejuiging gesê.
Cosatu en die SAKP het die ANC vroeër vandeesweek gewaarsku om nie ongewenste raadslede op kiesers af te dwing nie.