
Gareth Cliff. Foto: Facebook
“M-Net bedank Cliff vir die sleutelrol wat hy oor die jare gespeel het in die identifisering en ontwikkeling van nuwe talent en vir sy bydrae tot die sukses van die program tot op hede.”
Volgens berigte volg dié stap ná Cliff erg op sosiale media deurgeloop het vir uitsprake wat hy oor die Penny Sparrow-debakel gemaak het. Cliff is as ʼn rassis uitgekryt en talle sosialemedia-gebruikers het M-Net versoek om hom van Idols te onttrek.
Cliff het glo gesê mense verstaan glad nie vryheid van spraak nie. Hy het kort hierna egter om verskoning gevra:
— Gareth Cliff (@GarethCliff) January 5, 2016