Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Geen aanklagte in Los Angeles teen Bill Cosby

$
0
0
Bill Cosby (2013) Foto: Photo by Victoria Will/Invision/AP, File

Bill Cosby (2013) Foto: Photo by Victoria Will/Invision/AP, File

Staatsaanklaers in Los Angeles het Woensdag bevestig dat hulle nie enige aanklagte teen die bekende akteur Bill Cosby gaan bring in verband met twee beweerde seksuele aanrandings nie.

In die eerste aanklag het Cosby na bewering ʼn vrou in 1965 verkrag. Volgens staatsaanklaers het die Wet op die Beperking van Regsgedinge, die tydperk waartydens aanklagte gebring kan word, reeds verstryk. Die staat bied 10 jaar in Kalifornië op aanklagte van verkragting.

In die tweede saak, waar Cosby na bewering glo ʼn 18-jarige in 2008 bedwelm en seksueel aangerand het, was daar nie voldoende bewyse nie, volgens ʼn verslag wat die Los Angeles-staatsaanklaer uitgereik het.

Chloe Goins, nou 25 jaar oud, het aan ondersoekbeamptes gesê Cosby het haar tydens ʼn partytjie by die Playboy-herehuis bedwelm voor hy haar seksueel aangerand het. Ondersoekbeamptes kon egter nie bewyse vind dat Goins of Cosby op die betrokke datum by dié partytjie was nie. Volgens die staatsaanklaer het die Wet op die Beperkinge van Regsgedinge ook reeds in hierdie saak verstryk in terme van die moontlike aanklagtes naamlik seksuele en onsedelike aanranding.

Sedert November 2014 het meer as 50 vroue Cosby daarvan beskuldig dat hy hulle tydens voorvalle oor 40 jaar bedwelm en seksueel aangerand het.

Cosby (78) is op 30 Desember in Pennsylvania formeel aangekla dat hy ʼn vrou in 2004 bedwelm en seksueel aangerand het. Hierdie hofsaak begin na verwagting op 14 Januarie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images

Trending Articles


Jan van Tonder (1954–)


LêNet: Onbeplande oornag


Die 5 lekkerste vakansieboeke vir kinders


Die beste tyd van my lewe


Maar een Suid-Afrika


Die oplossing vir yl hare is hier


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


Die kuns van koeksisters bak


Bieg: Wie Alice is