Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

5 000 diere in Limpopo doodgemaak weens droogte

$
0
0
Davis Ramokolo, 'n boer in Limpopo Foto: ANA

Davis Ramokolo, ‘n boer in Limpopo Foto: ANA

Boere in Limpopo leef in vrees dat hul nog vee gaan verloor weens die voortslepende droogtetoestande. Minstens 5 000 diere is reeds doodgemaak, volgens voorlopige statistiek deur die provinsiale departement van landbou.

Davis Ramokolo, een van die boere wat al meer as 13 jaar lank boer, sukkel om sy vee te voer. Hy het aan ANA gesê hy het reeds sewe van sy diere verloor.

Volgens die regering word miljoene bestee aan droogteverligtingspogings, maar dit kan dalk vir sommige boere te laat wees. “Ons verwag ʼn groot impak weens die gevolge van die droogte,” het Selby Makgotho, provinsiale woordvoerder van die departement, gesê. “Daar was ook tydens die feesseisoen ʼn vertraing in die verspreiding van droogteverligting.”

Volgens Makgotho is daar steeds ʼn agterstand in die verspreiding van voer van verskaffers wat tydens die feesseisoen gesluit was.

'n Bees staan geduldig en wag vir 'n man wat besig is om 'n houer met water uit 'n boorgat vol te maak (Madimbo, Limpopo) Foto: Chester Makana

‘n Bees staan geduldig en wag vir ‘n man wat besig is om ‘n houer met water uit ‘n boorgat vol te maak (Madimbo, Limpopo) Foto: Chester Makana

“Die aanvraag is baie hoog,” het hy gesê. “Ons hoop dat ons teen die einde van die maand voer na al 17 ons sentra in die provinsie kon versprei het.”

Ramokolo het gesê hy hoop die verligting sal ook na hom toe kom sodat hy sy vee kan red, maar hy glo nie dit gaan genoeg wees om meeste van sy diere te red nie. “Ek wag nog vir die voer,” het hy gesê. “Sedert ek die vorms ingevul het, het hier nog niks aangekom nie.”

Boereverenigings het Donderdag ʼn nasionale plan versoek om verligting te bring aan uiterste weerstoestande en het voorgestel dat nuwe boorgate moontlik verligting kan bring vir boere.

Tshianeo Mathidi van die African Farmers Union, het gesê die boere het groot verliese gely en versoek dat die verspreiding van hulp bespoedig word. Hy het gesê meeste boere kan nie meer voer of aanvullings bekostig nie. “Die toestande is baie sleg,” het hy gesê. “Van die diere beweeg nou na die strate toe om plastiek te eet, want daar is niks om te eet nie.”

Joy Matshokge, LUR van landbou in Limpopo, het in Desember gesê droogteverligting sal na verwagting verhoog word.

Ramokolo het egter gesê terwyl hulle bid vir reën sal meer droogtehulp nie eintlik verligting bring nie. “Selfs al kan ons voer kry, is dit nog nie genoeg om die skade te herstel wat die droogte gebring het nie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images