Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA hernu Agoa-ooreenkoms met Amerika

$
0
0
President Barack Obama en pres. Jacob Zuma (Argieffoto) Foto via @xinhua_swahili, Twitter

President Barack Obama en pres. Jacob Zuma (Argieffoto) Foto via @xinhua_swahili, Twitter

Die uitgerekte onderhandelinge tussen Suid-Afrika en Amerika oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) is uiteindelik afgehandel nadat ʼn ooreenkoms bereik is.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Donderdag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê uitstaande sake oor die ooreenkoms is Woensdagaand opgelos en al die papierwerk is onderteken.

Davies het gesê die hernude kontrak beteken dat Suid-Afrika se mark nou jaarliks 65 000 ton hoender-, vark- en beesvleis van Amerika kan bekom, volgens die ooreenkoms wat in Junie in Parys aangegaan is.

Suid-Afrika het glo daarop aangedring dat streng maatreëls toegepas moet word wat invoere van Amerikaanse produkte betref, en dat Agoa elke 12 maande hernu moet word.

Die land het vroeër vandeesweek byna die voordele van Agoa verloor toe Amerika gedreig het om belastingvrye uitvoere van Suid-Afrika se landbouprodukte na Amerika op te skort.

Indien die Agoa-voordele opgeskort sou word, sou belasting betaalbaar wees op sekere produkte wat na Amerika uitgevoer word, en dit sou beteken die produkte sou duurder in daardie land kos.

Lees alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621