
Jerry Seinfeld en Barack Obama in die episode (Skermskoot uit Comedians in Cars getting Coffee)
President Barack Obama van Amerika en die komediant Jerry Seinfeild vergelyk motors en ruil grappies uit in ʼn 19 minuut lange episode van “Comedians in Cars getting Coffee”.
Die episode is Woensdagaand vir die eerste keer uitgesaai en begin met Seinfeld wat die president skakel. Hy komplimenteer Obama dat hy van al die burokrasie ontslae geraak het toe hy glo self die telefoon antwoord.
Seinfeld stel ʼn 1963 Corvette Stingray aan Obama bekend en die president laat Seinfeld agterin ʼn presidensiële limousine sit, ʼn Cadillac wat Obama “the Beast” noem. Die twee skerts ook oor die kenmerke wat die voertuig het.
Seinfeld vra ook vir Obama hoeveel wêreldleiers volgens hom “van hul trollie af is”. “ʼn Redelike groot persentasie,” skerts Obama.
Die episode is vrygestel terwyl die president saam met sy gesin in Hawaii vakansie hou.
Die program, met sy weeklikse episodes, word vervaardig deur Crackle, ʼn eenheid van Sony Pictures Television.
Klik hier om die episode te sien.