
Die slang wat die brand oorleef het Foto: Netcare 911
ʼn Man is Saterdag in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal dood toe hy tydens ʼn brand in ʼn huis vasgekeer was.
“Paramedici en brandbestryders is na die toneel in Bulwerstraat ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Daar was ‘n berig dat ‘n man in die huis vasgekeer was. Terwyl die brand onder beheer gebring is, het hulle ʼn troetelslang gevind wat ook brandwonde opgedoen het.”
Paramedici het die slang behandel en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) ontbied om dit te kom haal.
“Die man se liggaam is eers gevind nadat die brand geblus is,” het Botha bygevoeg.
Die oorsaak van die brand is onbekend. Die polisie stel ondersoek in.


