Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man meters ver agter taxi gesleep

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man sal binnekort in die hof verskyn nadat hy die 34-jarige Jan Mienies van Marydale in die Noord-Kaap glo ʼn paar meter ver agter sy taxi gesleep het.

“Die bestuurder van die taxi het op Oukersaand omstreeks 21:15 glo vir Mienies R100 gegee om dagga te gaan koop,” het lt.kol. Hendrik Swart, woordvoerder van die polisie, gesê. “Toe Mienies terugkeer en sê hy het die kleingeld gebruik, het die verdagte hom glo aan sy taxi vasgemaak en ʼn hele ent lank ver gesleep.”

Mienies het ʼn gebreekte rib, gebreekte been en kneusplekke opgedoen. Hy is in die Prieska-hospitaal opgeneem.

Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images