
Die motor waarin Herman van Schalkwyk gery het (Skermskoot uit die eNuus-video)
Die polisie se ondersoek duur voort nadat Herman van Schalkwyk (68) op 23 Desember 2015 gesterf het ná ‘n voertuig in die konvooi van die minister van staatsveiligheid teen syne gebots het.
Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het omstreeks 14:30 op die R33 naby Amsterdam, Mpumalanga, plaasgevind. Van Schalkwyk was op pad na familie naby Carolina in Mpumalanga.
Sy seun, Herman jr., vertel in dié video aan eNuus wat hy op die toneel gesien het.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.