
Argieffoto
Agt persone is vroeg Saterdagoggend in vier verskillende brand op die Kaapse Skiereiland oorlede.
Brandbestryders is na ʼn brand by ʼn informele struktuur in Geraniumweg in Uitsig ontbied. “Een man en ʼn dogter is in dié brand oorlede,” het Theo Layne, woordvoerder van die stad Kaapstad se brand en reddingsdiens, gesê.
Twee persone, ʼn man en ʼn vrou is net ná middernag dood tydens ʼn brand by ʼn huis in Keisi Court, Delft.
Brandbestryders het om 03:27 reageer op ʼn klag oor ʼn brand by ʼn huis in Mbashaweg, Mfuleni. ʼn Man, 19-jarige meisie en 13-jarige tiener is in dié brand oorlede.
Nóg ʼn man is in ʼn brand oorlede by Overcome Heights naby Muizenberg. Altesaam 19 persone is haweloos gelaat toe die brand 11 informele huise verwoes het.
Volgens Layne is die oorsaak van die brande nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.