Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kampsbaai-moordsaak sloer

$
0
0

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Die saak teen Diego Novella, ʼn man van Guatemala wat verdink word van die moord op sy meisie by ʼn hotel in Kampsbaai vroeër vanjaar, is Maandag vir die soveelste keer in die landdroshof in Kaapstad uitgestel.

Advokaat William Booth, Novella se regsverteenwoordiger, het gesê landdros Grant Engel het voorlopig die verdediging se versoek dat die staat Booth met bewyse voorsien, van die hand gewys.

Engel het eerder die saak tot 21 Januarie uitgestel sodat daar uitgevind kan word hoekom die ondersoek so lank duur en hoekom Novella nog steeds nie in die psigiatriese hospitaal Valkenberg opgeneem is nie.

Novella word daarvan beskuldig dat hy Gabriela Alban (39) op 29 Julie in ʼn luukse hotel in Kampsbaai verwurg en seksueel wreed met ʼn krultang aangerand het. Dit het later in die hof aan die lig gekom dat Novella gevind is waar hy halfkaal op ʼn strand rondgeloop het. Toe hy glo gevra is waar Alban is, het hy bloot geantwoord: “Sy is dood.” Haar liggaam is toe in hul hotelkamer aangetref.

Novella word sedert hy in hegtenis geneem is, in die Pollsmoor-gevangenis aangehou.

Booth het versoek, terwyl daar gewag word op die uitslae van die ondersoek na die Valkenberg-aangeleentheid, dat Novella toegelaat word om in die Goodwood-gevangenis se psigiatriese eenheid opgeneem te word.

Lees alle vorige berigte oor Gabriela Alban op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!