Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Moeder Teresa gaan tot heilige verklaar word

$
0
0
Moeder Theresa (1993) Foto: AP Photo

Moeder Theresa (1993) Foto: AP Photo

Pous Franciskus het die afgelope naweek bevestig dat Moeder Teresa, die Rooms-Katolieke non wat wêreldwyd bekend is vir haar betrokkenheid by die armes, tot heilige verklaar gaan word.

ʼn Heiligverklaring is die hoogste eer wat die Rooms-Katolieke Kerk aan iemand kan toeken.

Volgens die Rooms-Katolieke Kerk se vereistes moet twee wonderwerke aan ’n persoon toegedig word voordat hy of sy tot heilige verklaar kan word. Dié besluit vir Moeder Teresa se heiligverklaring volg nadat die pous die wonderbaarlike genesing van ʼn tweede persoon, ʼn man in Brasilië, erken het.

Moeder Teresa, wat ook die Nobelprys vir vrede in 1979 ontvang het, is op 5 September 1997 in die ouderdom van 87 oorlede. Kort voor haar dood het sy bykans 4 000 nonne onder haar bestuur gehad wat hulp verleen het aan ongeveer 600 kinderhuise, sopkombuise, skuilings vir haweloses en klinieke.

Hoewel geen datum vir die heiligverklaring vasgestel is nie, het oorsese media bespiegel dat die seremonie moontlik in September volgende jaar sal plaasvind omdat dit saamval met die herdenking van haar dood asook met pous Franciskus se ‘heilige jaar van genade’.

Sunita Kumar, ʼn woordvoerder vir die Missionaries of Charity in die oostelike gedeelte van Kolkata waar Moeder Teresa gewoon en werk het, het die besluit verwelkom.

Moeder Theresa hou ʼn armlose baba vas in Kolkata, Indië (1978) Foto: AP Photo/Eddie Adams

Moeder Theresa hou ʼn armlose baba vas in Kolkata, Indië (1978) Foto: AP Photo/Eddie Adams

Pous Franciskus het al by vroeër geleenthede gesê dat hy nie net ʼn aanhanger is van haar werk nie, maar ook respek het vir haar impak. Hy het haar ontmoet tydens ʼn sinode van biskoppe in 1994 toe hy nog aartsbiskop Jorge Mario Bergoglio was.

“Die armes gee ons baie meer as wat ons vir hulle kan gee,” het sy in 1977 gesê. “Hulle is ongelooflike sterk mense wat daagliks sonder kos moet oorleef, tog kla hulle nooit nie.”

Intussen het die aartsbiskop van Kolkata, Thomas D’Souza, gesê die nuus van die heiligverklaring is ʼn vroeë Kersgeskenk aan die land.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!