Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pasgebore baba uit puttoilet gered

$
0
0

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Maandagoggend uit ʼn puttoilet in die Ramatlhwa-nedersetting naby Marble Hall in Limpopo gered.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die SAPD se soek-en-reddingseenheid is in die vroeë oggendure na die nedersetting ontbied nadat inwoners gehoor het hoe ʼn baba in die puttoilet huil.

“Die reddingswerkers het gesukkel om by die baba uit te kom, maar sers. Levi Mabethlela het uiteindelik daarin geslaag om die babadogtertjie na die oppervlak te bring. Sy is na die hospitaal gehaas vir behandeling,” het Otto gesê.

Otto kon teen Maandagmiddag nog nie bevestig wat die baba se gesondheidstoestand is en of sy enige beserings opgedoen het toe sy in die puttoilet gegooi is nie. “Die polisie weet nog nie wie die baba se ma is nie, maar ʼn ondersoek is van stapel gestuur om haar op te spoor,” het sy gesê.

Foto: SAPD Foto: SAPD Foto: SAPD

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!