Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Video] Boerboel fnuik ‘dief’ se planne

$
0
0

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn hond wat ʼn vermeende inbreker buite ʼn huis bestorm en erg verskeur, word wyd op sosiale media versprei.

Die beeldmateriaal, vermoedelik van veiligheidskameras op die perseel, wys hoe ʼn boerboel ʼn inbraak by ʼn huis in Middelburg in Mpumalanga fnuik. Op die video kan gesien word hoe die man oor ʼn muur klim en versigtig naderstap.

Dit lyk asof die man kyk hoe hy in die huis kan inkom. Minder as twee minute later kom die boerboel egter om die hoek van die huis gehardloop en bestorm hom. Die man kan nie van die kwaai hond af wegkom nie en vir meer as vyf minute lank ruk die hond die man grond toe elke keer wanneer hy probeer weghardloop.

Volgens die Middelburg Observer het hierdie toneel hom by die huis van Tanja Steenkamp afgespeel. Die koerant berig Steenkamp het by die huis gekom en die man op ʼn tafel buite die huis aangetref, waar hy bebloed gestaan en skree het met die hond wat hom van onder af probeer beetkry.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hy is bewus van die video wat die rondte doen, maar het nie meer inligting oor die voorval nie. Volgens Sedibe is daar geen saak by die polisie aanhangig gemaak in verband met die voorval nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!