
Argieffoto.
Werkers wat in 2012 afgedank is tydens die stakings wat die platinumgordel by Rustenburg lamgelê het, is heraangestel. Die stakings het destyds die mynbedryf tot stilstand gedwing.
Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het gesê Impala Platinum en die vakbond NUM het Donderdag ʼn ooreenkoms hieroor onderteken. “Die ooreenkoms behels dat afgedankte werkers na hul poste kan terugkeer.”
Volgens Zwane is dié ooreenkoms ʼn bewys dat deurlopende gesprekke ooreenkomste kan verseker wat in alle betrokkende partye se beste belang is. “Ons is bly dat twee jaar se uitdagende onderhandelings suksesvol was.”