Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tiener op vakansie vir selfoon vermoor

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die Margate-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Sharlene Zanten (15) Woensdag in Trafalgar naby San Lameer, waar sy op vakansie was, glo vir haar selfoon vermoor is.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media bevestig die tiener was saam met haar pa en vriende in die Suidkus-dorpie toe sy aangeval en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

“Na wat verneem word het die slagoffer en ʼn vriend of vriendin omstreeks 18:00 gaan stap,” het Zwane gesê. “Hulle het skaars die strandhuis verlaat toe hulle ʼn man sien nader stap. Hulle het besluit om om te draai en terug te keer na die strandhuis.”

Die verdagte het Zanten voorgekeer voordat hulle die hek kon bereik. Hy het in gebroke Engels op Zanten se selfoon aangedring. “Daar word beweer dat sy geweier het om die selfoon aan hom te oorhandig en ʼn gestoeiery het ontstaan. Die man het haar in haar arm, bors en lies gesteek.”

Zanten is ná die aanval na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar sy aan haar beserings beswyk het.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!